Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gebed om 'n basterkaptein" deur RONNIE BELCHER
"Gebed om 'n basterkaptein" deur RONNIE BELCHER [boodskap #46762] Ma, 16 Julie 2001 20:49
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gebed om 'n basterkaptein
Ronnie Belcher

Die jakkals met die rooi krans om sy nek
brag onheil na my deur, want toe hy skrou
op sewe myl distansie dat net ek
sy woord kon hoor, toe weet ek dis oor jou,
Hermanus, wat daar iewers tussen klip
jou moeë burgers sonder dat jul weet
met hoogson 'n gebied laat binneglip
waar mausers reglê vir die aanvalskreet.
Toe waak en bid die hele Rehoboth
dat God oorvat, toe sien ons hoe die Maandag
glip van die voorvoet van die hotnosgod
en tussen Duisman en die son stofslaan,
en toe die dag blind word, skiet jul hot-om
toe weet ons dat ons bloed heel huis toe kom.
Vorige onderwerp: "Magersfontein" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Kryt" deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 12:48:54 MGT 2024